Vrouens van Groot Brakrivier en Heidelberg polisie het ook die dag bygewoon.
Die dames het een van Stilbaai se wandelpaaie na die visvywers saam met Jean du Plessis van CapeNature gestap.
Me. Lucille Ross van CapeNature het oor die werk van die Biodiversiteits misdaad eenheid gesels en Rico Menezies, stasiebevelvoerder van Stilbaai NSRI het meer van hul daaglikse taak vertel.
Mnr. Torsten Heinschel, finalis in hierdie jaar se Centrum Guardian Project het oor positiewe denke en positiewe aksies gepraat.
Dames van Stilbaai, Grootbrak en Heidelberg polisie het die 'Women's Network' se spesiale dag op Stilbaai geniet.