ALBERTINIA NUUS - Die toeskouers by die SWD Presidentsligawedstryd tussen Rangers van Albertinia en Zoar was in die wolke toe die voorsitter van Rangers die akteur Gantane Kusch, beter bekend as dr. Siya Thuli van Suidooster, Saterdag 4 Augustus aan hulle bekendstel.
Dié opgewondenheid het geheers voor die hoofwedstryd afgeskop het.
Dr. Siya, soos almal hom van die Suidoostersepie ken, het omtrent sy hande vol gehad met sy bewonderaars.
Foto's saam met sy aanhangers, veral saam met die kinders, was vir hom 'n plesier.
Selfs die besoekers van Zoar was gretig om ook dié dokter se hand te skud. Kusch het ook die rol van Gimba vertolk in die film, Noem my skollie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'