Die ontwikkeling geleë in Thys Vissiestraat in Stilbaai-Wes in bestaan uit 28 eie-titel huise, 28 deeltitel woonstelle en die bogenoemde sub-akute hospitaal. Konstruksie van die woonstelle en eerste huise begin Januarie volgende jaar.
Die sub-akute hospitaal is gerig op post-operatiewe herstel na prosedures soos heup- en knievervangings, beroertes en ander mediese toestande wat 24 uur verpleegsorg vereis. Die hospitaal word deur die departement van gesondheid gelisensieër en sal geakkrediteer word deur die mediese fondse.
Die hospitaal sal ook dien as mediese en versorgingssentrum vir die inwoners van die Fynbos Leefstyl Landgoed. Elke eenheid in die landgoed word met 'n Telecare stelsel aan die susterstasie in die hospitaal verbind wat op nood sal reageer.
Inwoners van die landgoed kan ook omvattende verpleegsorg in hul huise en woonstelle ontvang. Twee vlakke van versorging is beskikbaar en inwoners sal deur die mediese personeel en hul algemene praktisyn gelei word van watter vlak van sorg hulle benodig. Dienste gelewer sluit in etes, skoonmaak van woonstel, wasgoed en bestuur van medikasie, asook 'n gereelde kliniek diens.
Erwe in die landgoed is reeds gediens en te koop op 'n plot- en planbasis met 'n keuse van huis ontwerpe. Huispryse begin op R1 295 000 en woonstelle vanaf R495 000 (oordragkoste en BTW ingesluit).
Vir meer inligting besoek hul webwerf by www.fynboslandgoed.co.za.

Konstruksie van die Carewell sub-akute hospitaal en mediese sentrum wat deel uitmaak van die Fynbos Leefstyl Landgoed is voltooi en open Januarie 2014.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'