ALBERTINIA NUUS - Geskiedenis is Saterdag, 20 November in die Pinkster- en Charismatiese arena gemaak toe die eerste studente hul kursus in pastorale studies voltooi het.
Dit word deur 'n nie-winsgewende organisasie, Community Skills Development & Bible Centre aangebied.
Die stigter is doktor Jacob Prins, 'n boorling van Albertinia wat sy doktoraat in teologie behaal het en ook aan die Northwestern Christian University sy B Th (Bachelor of Theology with Bible and Church Ministry) en M in die bediening behaal het.
Enige belangstellendes of vir meer navrae, kontak Prins (061 999 2327).
Van links is Jacobus Mackriel, Adolf Peceur, Danville Prins, dr Jacob Prins, Annie Krieger, Rainesha Krieger en Michael Nomdo.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'