HESSEQUA NUUS - Die menslike hulpbronne en bestuursassistent (human resource en management assistant) N6-studente en onderwysers van Hessequa-kampus het op Woensdag 25 April saam by Mountain Ridge Spur in die dorp gekuier.
''Die rede vir die samekoms is om te ontspan voor ons studente die interne en eindeksamen begin skryf,'' sê mnr. Antonio Ewerts. Dit is al tyd wat hulle kry om met hulle studente te ontspan.
Die twee senior klasse op die kampus is die hardwerkende en gedissiplineerde klasse wat ook 'n baie goeie voorbeeld aan die juniors skep.
Dis 'n manier om hulle te wys hoe die onderwysers hul harde werk waardeer.
"Die kampus is baie trots op die menslike hulpbronne-klas wat tot N6 deurgedring het," sê Ewerts.
N6-studente en hulle onderwysers. Voor in die wit T-hemp sit mnr. Antonio Ewerts. Foto: San-Marié Cronjé
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'