RIVERSDAL NUUS - ’n Student aan die Suid-Kaap Kollege Hessequa-kampus op Riversdal is Donderdagmiddag 27 Februarie noodlottig in ’n motorongeluk beseer.
Marinique Theonique Hendricks was saam met mede-student Elicha Stuurman, albei 18 jaar oud, na hul ouerhuise op Ladismith op pad.
Die bestuurder van die voertuig het na bewering vir ’n koedoe uitgeswenk, beheer verloor en die voertuig het omgeslaan. Hendricks het weens haar beserings beswyk. Stuurman is met veelvuldige beserings in George-hospitaal opgeneem.
’n Gedenkdiens word Woensdagmiddag by die kollege gehou.
’n Roudiens vind Vrydagaand by haar ouerhuis te Mossiestraat, Ladismith plaas en die begrafnis is Saterdag in die saal van Ladismith Sekondêre skool.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'