HESSEQUA NUUS - Hoewel meeste matrieks in die Hessequa-streek fees kan vier, is die slaagsyfer effens minder vir party skole.
Vir die 22ste jaar in ‘n ry spog die Hoër Landbouskool Oakdale met ‘n 100% slaagsyfer.
Hoërskool Langenhoven het vier A-kandidate en ‘n slaagsyfer van 97%.
Hoërskool Heidelberg het ook vir meer as 20 jaar ‘n 100% slaagsyfer gehad. Ongelukkig is daar die maal een druipeling en het die skool ‘n slaagsyfer van 96%.
Hoërskool Albertinia het ‘n goeie slaagsyfer van 91.4% behaal.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'