Vanjaar het die Kansa Relay for Life (KRFL) vanaf Saterdag, 17 tot Sondag, 18 Oktober by Riversdal-skougronde plaasgevind en volgens die voorsitter, Elfrieda Pieterse is sy hoogs in haar skik met die ondersteuning van die gemeenskap, borge en almal wat 'n bydrae gelewer het om van die byeenkoms so 'n groot sukses te maak.
Die fondse wat sover geïn is, beloop ongeveer R48 000 en sy is positief dat die doelwit van R50 000 behaal sal word.
