STILBAAI NUUS - Die eerste persoon van Stilbaai is vandag (Vrydag 3 April) tronk toe omdat die bepalings van die inperking nie nagekom is nie.
Speursersant Ludwig Schnetler het die man, wat vir ‘n derde keer die bepalings verbreek het, se borg teengestaan.
Landdros Oosthuizen het die beskuldigde met die volgende woorde tronk toe gestuur: ”Jy is ‘n gevaar vir jouself, asook die res van die gemeenskap.”
Die saak is tot 17 April uitgestel en hy sal in die tronk bly tot dan.
“Die polisie wil wetsgehoorsame inwoners vir die burgerlike gehoorsaamheid bedank, maar hiermee terselfdertyd ‘n ernstige waarskuwing aan die kansvatters rig. Gee asseblief gehoor en hou almal veilig op Melkhoutfontein, Jongensfontein en Stilbaai,” maan kapt. Johan van Tonder, stasiebevelvoerder.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'