STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-skryfkring, wat bykans 30 jaar gelede in 1994 ontstaan het, kom eenmaal per maand bymekaar, gewoonlik by Die Waenhuis by Jagersbosch.
Tydens hierdie byeenkomste word van die lede se skryfstukke bespreek en raad gegee. Lede wat reeds gepubliseer het gee raad aan beginners om hulle skryfpogings te verbeter en daar is volop tyd vir vrae.
Nuwe lede is altyd welkom en daar rus geen verpligting op jou om skryfstukke te produseer nie. Lede wat bloot net wil luister en leer is baie welkom.
Die skryfkring hou ook elke jaar 'n geleentheid of twee, soos skryfkursusse, ekspo's en voorlesings, om die omliggende gemeenskappe te betrek. Die volgende belangrike dag op hulle kalender is 'n storiemiddag waar lede van die skryfkring hul skryfstukke voorlees.
Die datum is 27 September en dit begin 14:30 in Die Waenhuis by Jagersbosch.
Sitplekke is beperk en belangstellendes kan die voorsitter, Esther Scheffer, by 082 460 6338 of Stilbaai-biblioteek kontak vir meer inligting.
Stilbaai-skryfkring se storiedag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’