STILBAAI NUUS - Chris Pool, wat na sy aftrede in 2015 sy tuiste in Jasmynsingel, Stilbaai gemaak het, het dadelik die potensiaal van hierdie stuk grond raakgesien.
Hy het besluit dat in hierdie openbare ruimte plek is vir 'n inheemse woud en het toestemming by die munisipaliteit verkry om daarmee voort te gaan.
Die munisipaliteit het water aangelê en 'n kraan opgesit, maar die gemeenskap is verantwoordelik vir die res.
In 2016 het Chris begin om inheemse bome aan te plant en met behulp van ander singelbewoners het hierdie woud al gegroei tot digby 300 bome van 50 verskillende spesies.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'