STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Sakekamer is Donderdagaand 5 September tydens die AHI se jaarlikse kongres in Velddrif as Sakekamer van die Jaar aangewys.
Volgens die voorsitter, Rachel Wall, inspireer die toekenning hulle om nog harder te werk om aan die behoeftes van die sakegemeenskap te voldoen.
David Kairuz en sy vrou Mariella wat die restaurant Dave’s Kitchen op die dorp bedryf is as Entrepreneur van die Jaar aangewys.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'