STILBAAI NUUS - Dwelmmisbruik kos die staat jaarliks miljoene rande. Dit verwoes baie jong lewens en breek gesinne uitmekaar.
Kapt Johan van Tonder, stasiebevelvoerder van Stilbaai-polisie het besluit, tot hiertoe en nie verder nie.
“Met behulp van al my lede gaan ons hierdie euwel uitroei. Ons het egter die gemeenskap se hulp nodig en as enigiemand inligting het, moet hulle sonder huiwering vir konstabel Zwiegelaar (082 378 8660) of die polisiestasie (028 754 6100) skakel,” vra hy.
Tans dien daar twee sake voor die hof in Stilbaai. In die beweerde handeldryf in dagga is Adrian Linton se borgtog tot 16 Julie verleng vir verdere ondersoek.
Die beweerde handeldryf in Tik-saak van Izak Smith en Michael-Lee Fielies is ook tot 16 Julie uitgestel. In laasgenoemde saak is geen borgtog toegestaan nie.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'