STILBAAI NUUS - Die vyfde Stilbaai Funduro vir motorfietsryers vind Saterdag 11 November plaas naby die Droëvlakte-padstal tussen Stilbaai en die N2.
Die venue is by Tant Sannie se plaas so 4,5 km op die Hectorskraalpad en die baan open halftien Saterdagoggend.
Dit is ‘n 60 km-sirkelroete met ‘n keuse tussen moeilike en minder moeilike dele.
Die roete is ongelukkig nie baie toeganklik vir toeskouers nie, maar jy kan hulle wel sien wegspring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’