Tans is daar 10 werkende buurtwagte wat op verskeie maniere toesien dat die onderskeie buurte veilig is.
Die buurtwagte van die Hawegebied, Jongensfontein, Palinggatoord en Platbosch maak gebruik van magneetborde vir hul voertuie wanneer hulle op patrollie gaan. Die buurtwagte van die Hawegebied, Jongensfontein en Platbosch het formele identifikasiekaartjies vir hulle koördineerders en blokleiers en sommige aktiewe lede.
Die koördineerders van die onderskeie buurtwagte is:
Hawegebied – Johannes Pretorius; Jongensfontein – Johan Lötter; Kloofsig – Frans Malherbe; Melkhoutfontein – Chrysel Conradie; Palinggatoord – Roelof Maree; Platbosch – Willem Oelofse; Preekstoel – Anson Heemro; Stilbaai Hoogte – Kerneels Swanepoel en Stilbaai-Oos – Mike Steytler.