STILBAAI NUUS - Stilbaai se derde boekefees word die naweek van 23 tot 25 Februarie aangebied.
Die liefhebbers van boeke kry hier die geleentheid om na besprekings oor ‘n aantal skrywers se boeke te luister en die woordsmede te ontmoet.
Vanjaar se fokus is die digkuns, romans, misdaadfiksie, politiek en aktualiteit, geskiedenis en ‘n proesel lekker kookkuns, liefde en erotika.
Die joernalis en kommunikasiepraktisyn Elna van der Merwe is die organiseerder van Stilbaai se derde boekefees.
Rig navrae by stilboeke@gmail.com en bespreek by Quiket.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’