Gallery
STILBAAI NUUS - Die plaaslike sakekamer het Vrydagaand 2 Maart geskiedenis gemaak.
Nie net het hulle hul eerste formele gala-aand aan gebied nie, maar dit was ook die eerste keer in die organisasie se bestaan waar besighede wat die onderskeie kategoriewenners se Prestige Toekennings was, beloon is.
Die publiek het besighede in verskillende kategorieë genomineer, terwyl ‘n onafhanklike toekenningskeuringskomitee, bestaande uit nie-sake-eienaars vir die keuringsproses verantwoordelik was.
Die sakekamer beoog om volgende jaar hierdie inisiatief uit te brei en daardeur nog meer besighede aan te moedig om die volgende vlak van innovering en kliëntediens te bereik.
Die gasspreker by die geleentheid was Brand Pretorius, afgetrede uitvoerende hoof van die McCarthy Groep.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'