HESSEQUA NUUS - Solidariteit Helpende Hand het op 8 April ’n nuwe fondsinsamelingsaksie, Houers VOL Hoop geloods.
Die doel daarmee is om tydens en na die Covid-19 inperking aan arm gesinne verligting te bring.
Volgens Hannes Noëth, uitvoerende direkteur, word die organisasie oorval met versoeke om hulp.
Gemeenskappe wat kan bydra word versoek om te help deur nie-bederfbare voedsel of kontant te skenk.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'