Update Video
HEIDELBERG NUUS - Raymond Saayman, bekende kinderregteaktivis en voormalige skoolopsigter, het Saterdag 15 Oktober sy jaarlikse staptog vanaf die Stilbaai-afdraai tot by Heidelberg onderneem om bewusmaking vir sy Kersete vir minderbevoorregte kinders te skep.
Benewens die bewus-making voltooi Saayman jaarliks dié staptog om die broodnodige geld in te samel om vele kinders in die gemeenskap, wie se ouers dit nie so breed het nie, met 'n heerlike ete en ander lekkernye en speelgoed te bederf.
Volgens Saayman, wat as gelowige en kind van God hom beywer om die mees kwesbaarste sektor van die gemeenskap se Kersdag op te helder, is dit belangrik vir hom om die besonderse dag te gebruik om naasteliefde aan veral die nagenoeg 100 kinders te betoon vir wie sy sopkombuis weekliks van 'n bord kos voorsien.
Sy staptog het hy in ongeveer ses uur voltooi waarna hy by 'n bekende supermark in die dorp deur 'n paar van die kinders ingewag is.
Saayman doen 'n beroep op diegene wat hom kan ondersteun met 'n finansiële of ander bydrae om hom te kontak by 062 403 2373.
VIDEO: Staptog vir Kersgety
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'