Die gemeenskap was genooi om in te skryf om saam te stap en diegene wat nie vir die 82km-afstand kans gesien het nie, kon in verskeie ander korter afstande inskryf. Hul mikpunt met dié poging was R30 000, wat Maandag, 16 September reeds oorskry was en volgens die organiseerder, mev. Johanna Maddison, is daar beloftes van nog meer.
Die amptelike oorhandiging van die tjek sal in 'n latere stadium volg. "Die staptog was uiters suksesvol en die inskrywings was bo alle verwagtinge," het Maddison gesê.
Selfs me. Emor Nel, burgemeester van Hessequa se man, Dolf, het ingeskryf vir die 10km-afstand en dit voltooi.
Marisa Burger, 'n inwoner van Huis Wallace Anderson, was ook begeesterd met die idee en het die afstand met haar rolstoel aangedurf. Die dapperes wat van Ladismith af gestap en gedraf het, het om 04:30 weggespring. Hubré en Marisa het kort na 18:30 by Hoërskool Langenhoven se ingang aangekom, met 'n erewag wat hulle by die klubhuis ingewag het.
In 'n kort toespraak het Nel gesê dat Hessequa oor sterk vrouens beskik met dryfkrag en wat nie wag vir dinge om te gebeur nie, maar dit laat gebeur. Sy het Hubré gelukgewens, nie net met die herdenking van haar verjaarsdag nie, maar ook dat sy die staptog suksesvol deurgevoer het.
Sy het almal bedank wat ingeskryf het, borge wat bygedra het en alle rolspelers wat 'n bydrae tot die dag se sukses gelewer het, waaronder ook die plaaslike verkeersdepartement. "Ons beoog om van hierdie dag 'n jaarlikse instelling te maak en reëlings hiervoor is reeds in 'n beginstadium," het Maddison verklap.
Van links agter (met pienk) is Karin Poggenpoel (82km), Johan van der Merwe, Wilma Odendaal, helpers van Huis Wallace Anderson en heel regs rdl. Emor Nel en Hanlie Keyser. In die middel van links is Kerneels Wolfaardt, Sylvia Kirkman en Marisa Burger van die tehuis en voor sit Annemarie Cameron van Ladismith op haar hurke.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'