MELKHOUTFONTEIN NUUS - Werk aan die langverwagte verbeteringe by die plaaslike sportterrein het op Maandag 1 Junie begin.
'n Watertenk sal eerste opgerig word. 'n Lang besproeiingspyp wat langs twee aangrensende kante van die veld strek, sal van daar af aangelê word. Vanuit die eerste pyp sal nege ander oor die res van die veld volg.
Kontrakteur Piet Combrink reken hulle gaan korte mette van dié projek maak: "Teen 30 Junie gaan alles afgehandel wees."
Volgens terreinopsigter, Angelo Busch, sien hy baie na 'n pragtige groen veld uit: "Die besproeiing gaan my werk sommer heelwat makliker maak."
- Combrink versoek die publiek ernstig om vir die hele duur van die werkery vir hul eie veiligheid van die sportterrein af weg te bly.
Werkers berei die watertenk se staanplek voor. Foto: Deona Aucamp
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'