Gallery
HESSEQUA NUUSFLITS - Hessequa-munisipaliteit het in Mei verlede jaar voorgeneem om die bestaande sportgronde van Slangrivier en Melkhoutfontein te laat opgradeer.
3 012 begunstigdes in Slangrivier en 2 533 begunstigdes in Melkhoutfontein sal voordeel uit die opgraderings trek.
’n Amptelike perskonferensie is deur die burgemeester, Grant Riddles op Vrydag 9 Maart saamgeroep.
Persone wat direk by verskillende sportsoorte in die streek betrokke is, het dit bygewoon en die geleentheid gehad om vrae aan die munisipale bestuur te rig.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'