RIVERSDAL NUUS - Tafelronde Riversdal 107 bied ’n fondsinsameling dans vir Small Dreams special needs educational daycare centre op Saterdag 30 Junie aan.
’n Spitbraai is beskikbaar vir die wat honger word en om die dors te les is daar ’n kontantkroeg. Hierdie geleentheid sal by Riversdal skougronde plaasvind.
Geld wat ingesamel word, sal aan Small Dreams geskenk word.
Kaartjies is beskikbaar by Postnet Riversdal en Riversdal Juweliers.
Vir meer inligting skakel Jaco by 072 113 8488.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'