Gallery
RIVERSDAL NUUS - Cara Serfontein het Maandagaand 1 Julie kykNET se vierde reeks in die gewilde Op die Spel-kompetisie gewen.
Die 14-jarige gr. 8-leerder van Hoërskool Langenhoven het al die ander ouer deelnemers uitgestof en is as algehele wenner van gr. 8 tot gr. 11 aangewys.
Sy het pryse ter waarde van altesaam R100 000 vir haarself en die skool gewen.
Volgens haar is sy baie lief vir lees en Afrikaans en Engels is haar gunsteling vakke. Vir haar was die spelling nie so erg soos die spanning wat daarmee gepaard gaan nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'