RIVERSDAL NUUS - Speelgoed kan 'n ernstige storie vir 'n pensioenaris raak.
Douw de Lange het vier jaar gelede afgetree en dadelik iets gesoek om sy hande mee besig te hou, want stilsit is min.
Die kennis en ondervinding wat hy as lektor in meganiese vakke opgedoen het, het hom na navorsing oor die maak van speelgoedtrekkers en -vragmotors gelei.
Saam met sy vrou Leen het hulle uiteindelik 'n model ontwikkel wat aan hul standaarde voldoen.
Sy eerste trekker is aan 'n vriend verkoop en hy vertel trots dat die seuntjie steeds daarmee speel. Sedertdien het die De Langes met hul reeks speelgoed, wat steeds uitbrei, bekende gesigte by landboumarkte regoor die land geword. Hulle het ook pas 'n suksesvolle verkoopstoer deur Botswana en Namibië afgehandel.
Dis Douw se droom om sy besigheid tot een van die grootste houtspeelgoedfabrieke in die land uit te brei, maar daarmee het hy hulp nodig. Enige ernstige belangstellendes kan hom by 082 296 7496 skakel.
Douw de Lange wys hoe sterk die speelgoed is.
Douw de Lange se houtspeelgoed. Foto's: Deona Aucamp
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'