WITSAND NUUS - Witsand se kinders van alle ouderdomme kan heerlik op hul nuwe speelgoed in die park baljaar.
Wihan Wegewarth (42) het in Julie vanjaar 40 km vanaf Malgas tot by Witsand geswem om geld in te samel vir nuwe speeltoerusting vir die park in Tomlinsonstraat.
Martin Fourie, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se kantoor op die dorp het hom al die pad vergesel.
Die twee het gesorg dat altesaam R62 000 ingesamel word. Hessequa-munisipaliteit het geld bygedra.
Duursame klimrame en swaaie van behandelde hout is aangekoop om die ou geroeste speelgoed te vervang. Die nuwe speelgoed is Donderdag 31 Oktober amptelik in gebruik geneem.
Deel van die nuwe toerusting in die speelpark.
Van links: Speaker Andrew Stroebel, rdl. Gerald Boezak, Elize Garlick, Wihan Wegewarth en sy kinders, Martin Fourie en Grant Riddles.
Lees 'n vorige artikel: Wihan swem vir Witsand se kinders
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'