RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike onderwyskringkantoor van die Wes-Kaapse departement van onderwys het op Donderdag 14 September in Riversdal die Centaurus-skoolleierssaamtrek by Laerskool Volschenk aangebied.
Dit was die tweede keer wat hulle dit aangebied het en die plan is om dit 'n jaarlikse instelling te maak.
Altesame 52 skoolhoofde en hul adjunkte van 28 skole uit Hessequa tot sover as Zoar het dit bygewoon.
Verskeie geleentheidsprekers het opgetree, onder andere Hanli Wethmar van Sanlam, Rosseau Mercuur, hoof van kurrikulum, by die onderwysdepartement se distrikskantoor in George en dr. Gillian Arendse.
Deel van die spanbou was ook 'n kreatiewe sessie waaraan die klomp leerkragte met groot entoesiasme deelgeneem het. Die dag se verrigtinge is afgesluit met 'n egte Suid-Afrikaanse braai.
Hugo Redelinghuys het die byeenkoms gaan afneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’