HESSEQUA NUUS - Loretta Flores het op Saterdag, 19 September vir minstens 20 kinders op Bitouville, Gouritsmond van ‘n koppie sop voorsien.
Flores help ook by die traumakamer en is deel van Bitouville se buurtwag, dus kry sy baie met verslaafdes en mishandeldes te doen.
Voor grendeltyd het Flores die sopkombuis behartig wat reeds vir drie jaar bestaan, maar sy moes intussen stop omdat daar nie genoeg geld is nie.
Dis volgens haar moeilik om in Gouritsmond vars groente te kry om sop mee te maak en vleis is ook duur. Enigiemand wat bereid is om groente of selfs vleis by te dra, kan Hanli kontak (084 854 3105).
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'