HEIDELBERG NUUS - Die welkome reën op Dinsdag 22 Augustus was die perfekte weer vir ‘n heerlike sop en sjerrie aand voor die kaggel.
‘n Mens kan beslis nie nee sê vir varsgebakte brood en ertesop, opgedis soos vir ‘n koning nie. Wat hierdie aand so besonders gemaak het is dat alles ten bate van die dorp se tehuis, Zenobia du Toit, was.
Michael Amos het die lokaal, sop en sjerrie geskenk en saam met Loret Truter die reëlings hanteer.
Volgens die bestuurder van die tehuis, Heidi de Jager was die aand ‘n groot sukses.
Verskeie items is deur die gemeenskap geskenk en opgeveil. “Dis weereens wonderlik hoe die gemeenskap die tehuis ondersteun om sy voortbestaan te verseker. Ek kan nie my dank genoeg uitspreek vir die goedhartigheid van ons mense nie.”
ARTIKEL: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'