HESSEQUA NUUS - Wanneer die weer in Oktober warmer raak, is dit tyd vir slange.
Sewe verskillende slange kom in Hessequa voor, waarvan vier onskadelik en drie gevaarlik is.
Die molslang, olyfbruin-huisslang, eiervreter en skaapsteker is onskadelik. Moenie egter nie met ‘n molslang sukkel nie, sy byt kan ontsteek raak. Die ander drie gaan vinnig padgee.
Jy moet in jou passoppens wees vir die Kaapse kobra of bruinkapel, pofadder en boomslang. Moet onder geen omstandighede probeer om hulle self te vang nie en as jy gepik raak, is dit belangrik om jouself so stil as moontlik te gedra en gou hulp te kry.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'