RIVERSDAL NUUSFLITS - Opleiding word aan belangstellendes gebied wat by CANSA wil aansluit om pasiënte by te staan wat met kanker gediagnoseer is.
Die enigste kwalifikasie wat jy moet hê is empatie, verdraagsaamheid en liefde.
Geen praktiese verpleegkunde word van jou verwag nie.
Die belangrikste is dat jy ’n pasiënt emisioneel moet ondersteun.
CANSA kan nie finansieële hulp bied nie en dit sal ook nie van jou verwag word nie.
Vrywilligers sal op 3, 4 en 5 April in dié dorp opleiding ontvang. Indien jy belangstel, skakel vir Sal Carter by 078 519 2221 of Anina by 082 357 2916.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'