WITSAND NUUSFLITS - Port Beaufort is byna 90 jaar ouer as Witsand. Ten spyte van hul uiteenlopende, dog wonderlik-romantiese ontstaansgeskiedenis, het hulle nou tot een dorpie saamgegroei.
Port Beaufort, die histories-belangrike hawedorpie wat die Overbergse ekonomiese potensiaal in die 19de eeu ontsluit en ’n reuse-impak op die streek en sy bewoners gehad het en Witsand, die vissersgemeenskappie wat ’n vakansieoord geword het.
"Die entrepreneurskap van die Barry-familie en die ontwaking van Port Beaufort is ’n fassinerende verhaal. In die boekie van A.P. Buirski; Die Barrys, die Overberg en die hawe van Port Beaufort is vanjaar vir ons feesjaar in beide tale gedruk.
Daarin gee Buirski sy aangrypende weergawe van hoe die Barrys Port Beaufort gebruik het om welvaart na die hele Overberg te bring," sê dr. Jan Langenhoven.
Die geskiedenis begin waarskynlik in 1817 toe lord Charles Somerset die Breërivier laat opmeet en verneem het dit is geskik vir ’n hawe. Hy noem die plek Port Beaufort, na sy vader, die hertog van Beaufort. In 1831 ontvang kaptein Benjamin Moodie die aangrensende plaas Westfield, waarvan ’n gedeelte later Witsand sou word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'