Update Video
STILBAAI NUUS - 'n Aand van saamsing en lekker eet is 'n wenresep vir Huis Stilbaai.
Die jaarlikse Bangers en mash-musiekaand wat deur die Vriende en familie van Huis Stilbaai-groep gereël word is 'n fondsinsamelingsgeleentheid wat 'n netelige saak met lekkerkry klaarkry.
Donderdagaand 3 Oktober was geen uitsondering nie en die hengelsaal op dié dorp was met kwetterende, jolige gaste volgepak.
Die orkes wat uit Hennie van Rooyen op ghitaar, Alwyn Vorster op trekklavier en Bruce Waldeck op basghitaar bestaan het, het vroeg-vroeg 'n vrolike stemming geskep.
Teen die tyd wat voorsanger Erdee van Huyssteen die mikrofoon geneem het, was die helfte van sy werk klaar gedoen en die aanwesiges het geen aanmoediging nodig gehad om die bekende Engelse en Afrikaanse liedjies te laat weergalm nie. Die aand is met 'n ete van varkworsies, kapokaartappels en ertjies afgerond.
Kyk 'n video hieronder:
Die gaste het ywerig saam met die orkes en voorsanger gesing. Foto: Deona Aucamp
Lees 'n vorige artikel hier: Sing vir 'n goeie doel
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'