Gallery
RIVERSDAL NUUS - Small Dreams Special Needs Educational Daycare Centre het onlangs ’n donateursaand aangebied.
Die doel was sodat Tammy Kleynhans, eienaar en haar personeel elke betrokke persoon kon bedank.
Besighede, kerke, beheerliggaamlede en Suid-Kaap Forum het die aand bygewoon. Kleynhans het meer oor die groei van die skool vertel en wat hulle toekomsplanne is.
Hulle is ’n nie-winsgewende organisasie wat na leerders met spesiale behoeftes omsien. Besoek hul webtuiste by www.small-dreams.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'