RIVERSDAL NUUS - Die tema vir die Riversdal-Fotografieklub se Augustus foto-aand was 'aksie / beweging'.
Sewe en twintig inskrywings is ontvang.
Omrede die tema nie net aksie was nie, het dit fotograwe die kans gegee om ook enige bewegende onderwerpe in te skryf. Die tema het fotograwe uitgedaag om die sluiterspoed van hul kameras beter te leer ken en was daar werklik pragtige resultate.
Grové Koch en Louw de Villiers het die eerste plek gedeel met Oppas Jong en Jy kan my nie vang nie, terwyl Jaybay van C Ferreira en Nou Te Laat deur C Botha ook aangewys is as goeie toonbeelde van aksie of beweging.
Hoewel wenners en naaswenners aangewys word, word die temas gebruik om jou fotografiese vermoë te verbeter en bied die klub aan enige belangstellende die geleentheid om te kom saam kuier en saam te leer.
'Jaybay' deur C Ferreira.
'Nou te laat' deur C Botha.
Louw de Villiers met 'Jy kan my nie vang nie'.
Ons het ook al hierdie jaar gratis praktiese uitstappies aangebied na Blombos, Grootvadersbosch en tydens 'n plaaslike motorfiets tydren wat vol aksie was. Gaan loer gerus na hul webblad by riversdalfk.co.za indien jy meer van wat hul doen wil sien.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'