Gallery Video
STILBAAI NUUSFLITS & VIDEO - Die NSRI (Nasionale Seereddingsinstituut) se tak in Stilbaai, Stasie 31, speel ‘n uiters belangrike rol in die gemeenskap wat betref hulpverlening in die geval van noodsituasies, ongelukke of beserings, hoewel hul hoofdoel is om lewens op die Suid-Afrikaanse waters te red.
Dié geregistreerde, nie-winsgewende organisasie, wat vanjaar sy 50ste bestaansjaar in Suid-Afrika herdenk het, maak nét gebruik van vrywilligers, waarvan meer as 1 000 in diens is.
By Stasie 31 is tans 15 vrywilligers wat elke Donderdagaand vergader om onder andere opleiding te doen.
Dié groep mans en vrouens is tans besig om gereed te maak vir die vakansieseisoen wat op hande is.
Verlede jaar is hulle ongeveer 33 keer ontbied en volgens die stasiebevelvoerder, Arrie Combrinck, het dit hulle telkens tussen net 10 en 12 minute geneem vandat hulle die oproep ontvang het, tot hul boot gereed was om te vertrek.
Belangstellendes kan vir Combrinck kontak by 082 990 5978 vir meer inligting.
Kyk 'n video hier:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'