HEIDELBERG NUUS - Inwoners van Joe Slovo Park in Heidelberg was verlede week hewig ontsteld toe munisipale werkers na die swaar reën 'n sloot gegrawe het om water weg te lei, maar geen veiligheidslint of ander pogings aangewend het om dit af te sper nie.
Op die foto kan gesien word hoe kleuters in die sloot speel.
Van die ontstoke inwoners het gesê dit hou 'n groot risiko in vir veral kinders wat daarin kan verdrink, aangesien geen veiligheidsmaatreëls in plek gestel was nie.
Kommentaar deur munisipaliteit:
Hessequa-munisipaliteit is bewus van die klag en was die sloot onmiddellik toegemaak na dit ontvang is. Die munisipaliteit bly verbind tot dienslewering van hoë standaard en is die veiligheid van ons inwoners uiters belangrik. Die klag en die omstandighede wat daartoe gelei het word tans ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'