SLANGRIVIER NUUS - Thys Hendricks (70) van Malgasweg in die Onderrivier is baie dringend op soek na sy dogter Maryna Michaels (30) van Slangrivier.
Volgens Hendricks het Maryna haar ouerhuis in 2019 verlaat en bevind sy haar vermoedelik iewers in Bloekombos, Kraaifontein, net buite Kaapstad.
Hendricks sukkel met sy gesondheid en hy treur oor sy vermiste dogter wat hy baie graag weer wil sien.
Haar ma is wyle Aletta Michaels van Melkhoutfontein net buite Stilbaai. Sy het ook 'n suster Jessica Michaels, wat ook in Melkhoutfontein woon.
Enigiemand met inligting oor waar Maryna haar bevind kan Hendricks by 078 990 8050 of Michaels by 067 311 0742 skakel.
Alternatiewelik kan Clive Pretorius ook by 073 332 8992 geskakel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’