HESSEQUA NUUS - Die nuus dat Hessequa-munisipaliteit vir 'n agste keer agtereenvolgens 'n skoon oudit vanaf die oudit-generaal ontvang het en wat op 24 Desember in Suid-Kaap Forum gepubliseer was, het uiteenlopende reaksies veroorsaak.
Veral op sosiale media het dit behoorlik gegons. Hoewel daar baie gelukwensinge was, het 'n groot aantal hulle sterk daartéén uitgespreek omdat hulle voel dat die munisipaliteit dit nie verdien nie.
Hieronder is slegs 'n paar van die besware wat geopper is:
Brenda Melisa: Wil ook graag weet wat skoon oudits beteken as dienslewering so swak is. Ek Gaan kla hoeveel keer oor sigwater wat voor my deur is. Elke keer kom hule net kyk maar maak Nie die probleem reg Nie.
Alexander Panzek: A "clean audit: means that the numbers add up, that's all... It doesn't say anything about the "well being" of the people nor does it say that we have public officials who act responsibly and with integrity in the interest of the people! It's nothing more than a Redtape tick box for overpaid burocrats to do some more bragging.
Zonodia Hendricks: Let stop the bragging. the only well being most off us want to see in hessqua areas is the well being of our community..clean water, ECT.am tired of going to buy clean water at spar,I can't save up.most off us are not even interested in this audit..
AdrianPrimo: Ag asseblief brag en dit terwyl Heidelberg I spook dorp is en stillbaai en riversdal is die GOUD stad....gan weg en vat jle AUDIT'S saam...
Mike Fourie: Skoon oudit maar Heidelberg se strate lyk so. Hulle het seker net Stilbaai geoudit.
Solly Sulaiman: maar d paaie bly vol gate
Slaggate maak inwoners krapperig.
Kommentaar deur Hessequa-munisipaliteit:
Hessequa se paaienetwerk bestaan uit 231 kilometers. Strate word binne die plavei bestuurstelsel van Hessequa-munisipaliteit geprioritiseer in terme van herseël en rehabilitasie. Die kondisie van die strate word geanaliseer volgens die strukturele skade wat aangerig word aan die pad.
Die herseël van strateprojek in Hessequa-area is toegeken aan Enstha Henra vir ‘n totale bedrag van R6.6 miljoen, met ‘n voltooiingsdatum van 30 Junie 2022. Die projek behels die herseël, hergruis en plavei van paaie en strate.
Herseël van strate in die verskeie dorpe word onder uiteengesit (BTW uitgesluit):
• Projek 1: Albertinia & Gouritsmond - R1 306 289
• Projek 2: Stilbaai & Melkhoutfontein - R1 590 250.20
• Projek 3: Riversdal - R1 744 044
• Projek 4: Heidelberg, Slangrivier & Witsand - R2 008 709
Totaal: R6 649 292.20
Daar word jaarliks begroot vir die instandhouding en opgradering van paaie in die Hessequa munisipale area. Herstel van slaggate word weekliks geprioriseer deur die werksprogram van die instandhoudingsspan. Die reën die afgelope paar weke bemoeilik die herstel van slaggate en versakkings regoor die Hessequa-area.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'