RIVERSDAL SKOLE NUUS - Die sluitingsdatum vir aanlyn-aansoeke vir skooltoelating in 2021 is om die draai.
Volgens Helma van Zyl (administratiewe ondersteuningsbeampte Kring 1 van die Eden en Sentraal-Karoo onderwysdistrik) het ouers van leerders net tot 17 Maart kans om vir hul kinders aansoek by 'n laer- of hoërskool te doen.
Van Zyl sê die Wes-Kaap departement van onderwys moedig ouers aan om die aansoeke aanlyn te doen:
"Riversdal het 'n e-sentrum in die Thusong-sentrum waarheen ouers wat nie toegang tot rekenaars of internet het nie, kan gaan. Ronald Daames en Grawin Scholtz is elke dag tussen 08:30 en 16:00 beskikbaar om te help." Enige ouers uit Heidelberg, Albertinia en Stilbaai is ook welkom by dié sentrum.
Aansoeke kan ook by die onderwyskring-kantoor op Riversdal geprosesseer word en ouers moet seker maak hulle het hul eie identiteitsdokumente, asook hul kind se geboortesertifikaat byderhand.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'