HEIDELBERG NUUS - Die ouer onderwys vereniging (OOV) van Hoërskool Heidelberg (Hattieland) het besluit om die skool 'n bietjie te verfraai.
Die eerste deel van die projek het vroeg in die tweede kwartaal onder leiding van Melanie Gildenhuys afgeskop, wat die mooimaak van die badkamers behels het.
Die tweede deel van die projek het die verf van die twee gr R-mure behels, onder leiding van Louise Kluyts, 'n plaaslike kunstenaar van Star Nation.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'