Update
ALBERTINIA NUUS - Oker Primêre Skool op Albertinia se projek, Jobs for Carbon het 'n hupstoot gekry met 'n skenking van sowat 30 spekboompies.
Caro Meiring van Boplaas in Calitzdorp het die boompies op Vrydag, 27 November oorhandig.
Die projek word gedryf deur die graad 7- en 8-leerders wat bestaan uit medium tuinbou- en 'n herwinningspan.
Ulanda Matthee, plaaslike besigheidsvrou het die nodige reëlings vir die skenking getref.
Die spekboom is waterwys en verg baie min onderhoud. Dit is maklik om te kweek, want selfs die blare of stukkies van die plant wat om die grond val, sal wortels maak.
Dit is droogtebestand en kan op 250 tot 350 mm water per jaar oorleef. Die blare is eetbaar en het 'n ligte sitrusagtige smaak.
Spekbome kan gebruik word vir uitputting en dehidrasie. Dit is 'n veelsydige plant en kan ook as 'n heining aangeplant word.
John Prins, Ulanda Matthee, Caro Meiring en Jacobus Tarental (prinsipaal). Foto: Mariska Visagie
Vorige artikel: Projek kry hupstoot
'Ons bring jou die nuutste Abertinia, Hessequa nuus'