ALBERTINIA NUUSFLITS - Die ywer en passie wat deur die leerders van Oker Primêre Skool aan die dag gelê is en die potensiaal wat hulle ten toon gestel het by die opening van die Nasionale Wetenskapweek, het daartoe bygedra dat 'n splinternuwe Wetenskap Leersentrum (WLS) by dié skool ingerig is.
Die Nasionale Wetenskapweek was op 30 Julie 2016 deur die Science Learning Centre for Africa by die kampus van die Universteit van Wes-Kaapland aangebied.
Die akademiese aspirasies van die leerders het 'n stewige hupstoot gekry met die luisterryke opening van die leersentrum op 20 Oktober vanjaar.
Die WLS is die produk van 'n vennootskap tussen die Science Learning Centre for Africa: Universiteit van Wes-Kaapland, die Garden Cities - Archway Foundation en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en sal die kwaliteit onderrig in die wetenskappe toeganklik en die leerervaring van die leerders aangenamer maak.
Van links is mnre. John Matthews, Jacobus Tarantal (skoolhoof), mej. Jo-Ann Lindeboom, prof. Shaheed Hartley en prof. Vuyokazi Nomlomo wat die geleentheid bygewoon het.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'