Update
HEIDELBERG NUUS - Die vreugde en blydskap was duidelik te bespeur tydens Kairos Senior Sekondêre skool se amptelike inwyding van hul skoolsaal.
Verskeie rolspelers soos plaaslike borge, kontrakteurs, asook bestuurslede van Garden Cities (Archway Foundation), die nie-winsgewinde maatskappy wat die projekfasiliteerders en grootste finansiële bydraers was, die geleentheid bygewoon.
Bekendes, waaronder Fernholdt Galant (voormalige Eden kringbestuurder), Annelene Hartnick (oud-onderwyser en wyksraadslid), Cameron Dugmore (Hessequa ANC LPP), Simon Odendaal (wyksraadslid), Jennifer Hartnick (proposionele raadslid), asook Mias du Plessis en Koos Eksteen (beide Eden kringbestuurders) was ook teenwoordig. Du Plessis het die WKOD amptelik verteenwoordig.
Debbie Nicholls, onderwyser, het as seremoniemeester opgetree, terwyl Tom Pretorius, wyksraadslid en BHL voorsitter die verwelkoming behartig het. Eerw. Chassley Fredericks van St. Barnabas Anglikaanse kerk het met skriflesing en gebed geopen.
Jannie Isaacs (direksielid: Archway Foundation) was die hoofgasspreker. Denice Marais, 2017 SA Kareoke kampioen en Lauren Green, beide oud-leerders het sangitems gelewer.
Dugmore het gesê dathy homself daarop gaan toespits om die ongelykhede van die verlede reg te stel, sodat alle leerders gelyke kanse het om tot hul volle potensiaal te ontwikkel.
Die prinsipaal, Vivian Prins het almal bedank vir hul bydrae, hoe gering dit mag wees, tot die suksesvolle voltooiing van die saal.
Die saal het nog baie bykomstighede nodig en donateurs kan met die skool in verbinding tree by 028 722 2920, Prins by 084 245 9995 of e-pos kairossec@gmail.com of vivianrprins@gmail.com.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'