Die voorval het tussen 20 en 26 November plaasgevind voor dit ontdek is.
Die skilderytjies is 6.5cm by 8.5cm groot en was teen 'n muur in die sentrum gemonteer. In dié stadium is dit nie seker hoe toegang verkry is nie omdat daar geen tekens van 'n inbraak is nie.
Die vermoede bestaan dat inligting oor die items na buite uitgelek het en dat die persone wat dit geneem het, die sentrum helder oordag besoek, maar nie die register geteken het nie.
Hulle moes blykbaar direk na daardie vertrek gegaan het, dit uit die raamwerk waarin dit was, verwyder het en uitgegaan het sonder dat hul opgemerk is. Die skilderye is klein genoeg om maklik in 'n broek- of handsak te pas, dus het niemand onraad gemerk nie.
Enigiemand met inligting oor die skilderye of wie dit gesteel het, kan aan die ondersoekbeampte, adjudant offisier Smit deurgegee word by 028 713 8500 gedurende kantoorure.

Die skilderytjies is 6.5cm by 8.5cm groot en was teen 'n muur in die sentrum gemonteer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'