HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het twee nuwe personeellede ryker geword.
Nicole Murray is ons nuwe ontvangsdame en sal voortaan die kleinadvertensies (smalls) behartig.
Sy is in Kaapstad gebore en getoë. Sy is met Raymond getroud en hulle het twee kinders, Kayla (8) en Tara-Lee (3). Hulle het einde April na Heidelberg verhuis vir beter vooruitsigte in die Suid-Kaap.
Deona Aucamp is geen onbekende in veral Stilbaai nie en het vanaf Februarie vanjaar vir Suid-Kaap Forum op vryskutbasis geskryf.
Sy het vanaf 8 Julie die leisels by San-Marié Cronjé oorgeneem, wat na haar tuisdorp in Mpumalanga teruggekeer het. Sy is met Louis getroud en hul kinders is 'n hond genaamd Andy Capp, asook 'n African Grey papegaai.
Enigiemand wat Deona wil kontak vir nuusbrokkies, kan haar per e-pos by deona@groupeditors.co.za bereik.
Ontvangsdame Nicole Murray.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'