ALBERTINIA NUUS - Met die verwoestende aardbewings wat Turkye en Sirië onlangs getref het, het die kinders van die NG Kerk in Albertinia besluit om teddiebere in te samel vir al daardie kinders wat alles verloor het.
Nou daag hulle alle hoërskole, laerskole, universiteite, kerke se jeuggroepe regoor Suid-Afrika uit om deel te neem en soveel as moontlik splinternuwe teddiebere in te samel wat vir hulle gestuur sal word.
Die doelwit is om 100 000 teddiebere in die begin van April 2023 na die kinders te stuur. Die teddiebere moet tussen 15 en 30 cm groot wees en moet nie enige tipe diere soos byvoorbeeld leeus wees nie.
Suid-Afrika, as jou hart so aangeraak is soos die Albertinia-kinders s’n, en jy wil ook graag die kinders help, maak ‘n plan en koop ‘n teddiebeer vir ‘n kindjie wat alles verloor het.
Vir meer inligting skakel die organiseerder, Elriza Coetzee, by 064 379 3024 of besoek die Facebook-blad: Teddies for Turkey with love from SA.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'