HESSEQUA NUUS - Die grootste en mees duursame geskenk wat jy kan gee gedurende feestyd is om iemand se lewe te red.
Jy kan dit doen deur gedurende feestyd bloed te skenk. Bloedvoorraad is nou baie laag en elke druppel tel.
Riversdallers kon Donderdag 13 Desember skenk, maar slegs 89 skenkers het opgedaag waarvan vier nuwe skenkers kon skenk en 76 gereelde skenkers.
Jy het nog ’n kans om ’n verskil te kan maak by die volgende klinieke:
Stilbaai: Donderdag 20 Desember by Stilbaai-munisipaliteit vanaf 13:00 to 18:00.
Hartenbos: Maandag 24 Desember by WP Bloeddienskaravaan, Seefront van 10:00 tot 15:00.
Mosselbaai: Langeberg Mall: Donderdag 27 Desember by die WP Bloeddienskaravaan by die treinspoor van 10:00 tot 15:00.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'