Hul borgaansoeke is nie aangehoor nie en die saak is uitgestel tot Vrydag, 20 Junie in die Riversdal landdroshof.
Die sewe verdagtes, Ashwill Pietersen (30), Morné Michaels (33), Solomon October (40), Edmund Moses (30), Nazwin Kiewietz (33), Jerimy Michaels (32) en Elton Moses (28) bly in aanhouding in George gevangenis. Die verdagtes het heel op hul gemak voorgekom en selfs die koerant toegesnou met sevens en handgebare na die kamera gewys, 'n teken wat verband hou met die 27's tronkbende.
Daar was geen teken van berou of kommer in hul houding of aksies sigbaar nie. Dié foto's is intussen aangevra deur die ondersoekbeampte in die saak, sp sers Ludvig Schnetler aangesien dit wil voorkom of die tekens bendeverwant kan wees.
Ampie Jansen (38) is Sondagmiddag, 1 Junie deur die verdagtes met stomp voorwerpe aangerand, waarna hy erg beseer na Riversdal hospitaal geneem is. Hy het met aankoms aan sy beserings beswyk. By navraag het ao Morné D'Emiljo, sigbare polisiëring, Stilbaai polisie bevestig dat die borgaansoeke nie aangehoor is nie weens veiligheidsredes rondom die verdagtes.
*IN SHORT
The seven suspects in the Ampie Jansen murder trial spend another week incarcerated before applying for bail. Their applications were postponed to Friday 20 June in the Riversdale Magistrates Court, as their safety in the community could not be guaranteed. During the appearance, one of the suspects, Morné Michaels shouted sevens with hand signs to the newspaper. It is believed that this hand sign is related to the 27's prison gang.

Die verdagte, Morné Michaels het die koerant toegesnou met sevens en handgebare. Daar is 'n vermoede dat dit verband hou met die 27's tronkbende.