HEIDELBERG NUUS - 'n 6-jarige seuntjie van Heidelberg is Vrydagmiddag 10 September noodlottig beseer nadat die bakkie waarin hy en sy pa op die Rietkuilpad buite Suurbrak gery het, met 'n ander bakkie gebots het.
Hulle was op pad huis toe. AJ Louw, 'n graad 1 leerder aan Heidelberg Primêr, is dood toe die Toyota Hilux na die botsing glo omgeslaan en gerol het.
Sy diep bedroefde ma, Marda het aan Suid-Kaap Forum gesê dat sy pa, Christopher, erg geskok is, maar slegs geringe beserings opgedoen het.
Suid-Kaap Forum wag vir inligting van die polisie oor die toestand van die insittendes van die ander voertuig.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'